Dagboek: Week 9
Voetspore in Suid Afrika
Die Voetsporespan is op reis – tydens ‘n wêreldwye pandemie loop ons paaie weer deur Suid-Afrika! Die week het as volg verloop:
Week 9
Dag 1
Die week begin met ‘n ou Voetspore gunsteling – ‘n Meksikaanse ontbyt. Dit by ‘n plek waar ons die Gamkadam kan sien. Dis die dam wat aan Beaufort Wes water verskaf. In die onlangse verlede was dit ‘n krisis in Beaufort, want die dam kan nie meer voldoende water verskaf aan die Hoofstad van die Karoo nie.
Ons ry met die Bontebokpas af na Beaufort. Op die dorp kom sluit Jan Stadler vir ons die NG Kerk oop. Die gemeente vier vanjaar sy 200e bestaansjaar. COVID 19 het egter verhoed dat dit behoorlik gevier kon word. Die kerk is pragtig met ‘n imposante pyporrel.
COVID 19 het ook veroorsaak dat die museums gesluit is. Vuyiseka Myakala, die dame in beheer van die Beaufort Wes Museum doen ons egter ‘n guns en sluit die Christiaan Barnard Museum oop. Hierdie seun van die Karoo het internasionale ster status verwerf na die eerste hartoorplanting in 1967 toe hy Denis Darvall se hart oorgeplant het in die borskas van Louis Washkansky. Barnard se toerusting wat gebruik is tydens die operasie word in die museum uitgestal. So ook al die magdom internasionale toekennings en vererings wat hy ontvang het.
Ons sien ook ander pragtige geboue, soos die ou biblioteek en die munisipale kantore. Beaufort Wes is die oudste munisipaliteit in Suid Afrika.
Volgende keer, op die roete tussen die Kaap en Gauteng, sal ons bietjie verbykyk as ons in die hoofstraat net vragmotors en bedelaars sien. Daar is iets besonders aan die dorpie.
Ons verlaat die dorp en reis met die Loxton pad noord. Onderweg ry ons verby die oorsprong van die Sakrivier. Dis ‘n rivier wat ons sal volg in die dae wat voorlê.
Net na twee kom ons aan op die plaas Dunedin. Dis waar Johan en Maritha Moolman boer. Tans is daar ‘n skeerspan besig om Johan se Merino’s te skeer. Dit is span 895 van BKB. Die voorman se naam is Chief en die ander 2 skeerders is Sergeant en Schadrek. Die klasser is John.
Dis indrukwekkend om te sien hoe vinnig die manne werk en hoe die wol gesorteer, geklas en gebaal word. Mens kan vir ure staar na die geoefende manne. Weet net nie hoe die skeerders se rûe dit hou nie.
As die skape klaar geskeer is, en hulle kom uit die skuur, is dit asof daar ‘n uitbundigheid is. Hulle spring sommer in die lug soos ‘n klomp springbokkies.
Terug by die Moolmans se opstal sien ons hoe die plaaslewe aangaan – hulle het sommer ‘n hele paar hanslammers, en ook ‘n paar pragtige perde.
Die aand oornag ons by die Riverine Rabbit Lodge op die oewer van die Sakrivier.
Dag 2
Dis ‘n pragtige sonsopkoms by die Riverine Rabbit Lodge. Dis wel bitterlik koud.
Soos ons terugry grootpad toe, sien ons die volgende trop skape wat aangejaag word om geskeer te word. Die merino’s word een keer elke 8 maande geskeer. Hulle produseer sommer baie wol.
Ons ry Loxton toe. Die dorp word gedomineer deur die pragtige kerk in die middel van die dorp. Wat ook onmiddellik opval is hoe skoon die dorp is. Ons het nog geen skoner dorp in Suid Afrika gesien nie.
Middagete is by die Rooi Granaat. Dis bobotie en skaap afval. Ook rys en aartappels en kwepers. Natuurlik ook nagereg van malva poeding. Ons is al weer besig om onsself dood te eet.
Ons gaan maak ‘n draai by die kunsgalery op die dorp. Dis Annelise Vorster Meyer s’n. In van haar kunswerk word die skoonheid van Loxton vasgevang.
Annelise se man is Alewyn. Hy was sy lewe lank in die weermag in die Verkennings kommando, beter bekend as die Recce’s. Maar nou het hulle op Loxton hulleself kom vestig. Alewyn is ‘n amateur historikus wat baie navorsing doen en oplees oor die streek waarin hulle woon. Hy is inderdaad op die dorpie gebore en het hier groot geword.
Alewyn vertel ons van die vloed van 1961 toe die dorpsdam se wal gebreek het na ‘n blits vloed. Dit het verwoesting gesaai.
Na die kuier by Alewyn en Maryna ry ons die dorp uit na Dries en Maylan Wiese se kasteel. Dis ‘n imposante gebou wat deur die eksentrieke Jan Hugo gebou is. Dries se pa het die plaas, en alles daarmee saam, soos ou motorkarre en selfs ‘n vliegtuig, gekoop toe Hugo een dag besluit het om van alles ontslae te raak.
Die aand braai Dries vir ons. As afwisseling eet ons nie skaap nie, maar bees. Steeds bly dit rooivleis. Maar ons kla nie.
Dag 3
Ons groet vir Dries en Maylan en vertrek, rigting Carnarvon. Voor ons deur die dorp ry, gaan maak ons eers ‘n draai by De Cyfer waar Louis Müller en sy pa Michael boer met skaap en bok. Ons kyk na die klein sybokhaar bokkies. Hulle is te pragtig.
Louis en Michael neem ons na die buurplaas. Die plek, Canariesforntein, het eens behoort aan Khaki Hugo. Hy het tydens die tweede wêreldoorlog roem verwerf as een van die heel beste vegvlieëniers. Daarvoor het hy van die hoogste internasionale toekennings gekry. In Londen is daar selfs ‘n park na hom vernoem.
Na die oorlog het Hugo hom eers vir ‘n aantal jaar in Tanzanië gevestig, en toe Karoo toe gekom. Op Canariesfontein het hy geboer tot en met sy dood. Dis ‘n baie interessante stukkie geskiedenis.
Ons ry deur Carnarvon. In die dorp sien ons die eerste korbeel huisie. Dis die unieke boustyl van die Loxton-, Carnarvon-, Fraserburg-, Williston-streek.
Ons ry oor Van Wyksvlei. Later tot by Verneukpan. Alastair en Elize Losper besit tans ‘n deel van die pan en het ook ‘n kampplek op die soom van die pan. Hulle nooi ons om daar te gaan bly.
Ons gaan ry op die pan. Ons gaan tot by Campbell se baan. Dis die plek waar hy in 1929 die wêreld land spoed rekord probeer verbeter het. Alles het teen die man gewerk. Die baan was in die verkeerde rigting uitgelê en daar was talle pofadders op die pan. Ook skerp klippies wat die bande beskadig het. Campbell was selfs in ‘n vliegtuig ongeluk betrokke. Uiteindelik kon hy net die 5 myl spoed rekord verbeter.
Ons maak kamp in die middel van die pan. Dis ons beste kamp van vanjaar se toer. Dis windstil en die maan is so helder, jy kan die koerant lees.
Dag 4
Dis ‘n pragtige sonsopkoms op die pan. Ons ry na Alastair en Elize se huis om te gaan groet. Elize wys vir ons die wrak van Johan Jacobs se vuurpyl motor waarmee ook hy ‘n land spoed rekord wou breek. Die kar het egter tydens die rekord poging gedisintegreer. Jacobs het gesterf.
Ons ry na Brandvlei en gaan eet middagete by Die Windpomp. Dis uitstekend. Veral die Famous Windpomp Burger.
Ons vat die pad, rigting Stuurmansfontein. Dis grondpad. Ons probeer selfs ‘n kortpad, maar dis deur talle plaashekke. Nie so seker of die kortpad toe wel ‘n kortpad is nie.
Net voor sononder kom ons aan by Stuurmansfontein se korbeel huisie. Dis op die plaas van Piet en Charmaine Botha. Saam met hulle, en hulle dogter Zeldene, braai ons in die soutbos skerm. Skaapstertjies, ‘n staan rib en ‘n paar tjoppies. Dis die Karoo. Dis skaap wêreld.
Charmaine het die korbeelhuisies, en die hartbeeshuisie en skuur langsaan, pragtig gedekoreer. Sy het uitstekende smaak en die binnehuise versiering is asof uit ‘n internasionale tydskrif. Dalk minimalisties, maar Karoo pragtig en funksioneel. Eers was dit Mannetjies Roux se Karoo huis, nou dalk die Stuurmansfontein korbeelhuisie wat die mooiste is…
Dag 5
Vir ontbyt doen Nina iets anders – wafels met stroop en spek repies. Dis beslis ‘n eerste op ‘n Voetsporereis. Dis heerlik.
Ons groet die Botha ‘s en val in die pad.
Ons ry deur die pragtige dorpie Williston. Die dorp se naam was eers Amandelboom. Die stigter van die dorp, Johan Abraham Nel het in 1768 ‘n amandelboom by die Sakrivier geplant om die geboorte van sy eerste seun te herdenk. Toe word die nedersetting “Amandelboom”. Later jare was daar ‘n droogte. Die dorp se predikant, Ds. S Kuhn het die fontein probeer oop skiet met dinamiet om die water beter te laat vloei. Al waarin hy geslaag het, is om die amandelboom te vernietig.
Die dominee is langs die pragtige kerk begrawe. Die dorp se naam is later verander na Williston.
Ons ry rigting Calvinia. Net voor die dorp draai ons in die rigting van Klipwerf. Die Klipwerf Boere-orkes is vir baie jare reeds een van die gewildste orkeste in Suid Afrika. Ons luister na hulle musiek, ook soos hulle saam met Rikus Nel en Jack Parow speel.
Ons kom aan by Loeriesfontein. Norbert se pa se naam was Dawid Loeriesfontein. Dis die eerste keer dat Norbert in die dorp aankom. Sy pa was nooit hier nie.
Ons gaan kyk na die Fred Turner Windpomp Museum. Dis ‘n unieke plek met sy dertigtal windpompe van dwars oor die wêreld.
Van Loeriesfontein reis ons rigting Nieuwoudtville. By Gannabos, Merwe en Nakkie van Wyk se pragtige plaas, is die grootste kokerboom woud in die wêreld. Duisende kokerbome groei teen die hange van die Hantamsberge. Jou bek hang oop net oor die omvang van die aantal kokerbome.
Die aand gaan maak ons onsself tuis by die Kareeboom gasteplaas. Nakkie het die huisies op die gasteplaas gedekoreer. Dit is pragtig en met groot smaak gedoen. Daar is werklik aandag gegee aan elke klein stukkie detail. In een van die huisies is talle van Nakkie se foto’s van die plaas vergroot en hang dit teen die mure. Imposant.
Eers Mannetjies Roux se huis, toe die Stuurmansfontein korbeelhuis, nou Kareeboom se gastehuis… Voetspore in Suid Afrika (2) bring ons elke dag na nog ‘n pragtige plek.
Dis die einde van die negende week.
Ons praat weer.
Mooi loop.
Johan
Week 9
Day 1
We start the week with an old Voetspore favourite – Mexican breakfast. From here we can see the Gamka dam that supplies Beaufort West with water. In the recent past it was a huge crisis in Beaufort, because it could not provide enough water to the Capital of the Karoo.
We travel via the Bontebok pass to Beaufort. In town, Jan Stadler unlocks the door of the Dutch Reformed Church for us. Although the congregation celebrates its 200 year anniversary, COVID 19 prevents them from having a proper celebration. The church has an impressive pipe-organ.
COVID 19 also caused the lockdown of the museum. The lady in charge of the Beaufort West museum, Vuyiseka Myakala, is kind enough to let us enter the Christiaan Barnard Museum. This native of the Karoo, has acclaimed international status by performing the first heart transplant surgery in 1967 when he replanted Denis Darvall’s heart into the chest of Louis Washkansky. The equipment that Barnard used for the operation is on display in the museum. Also, the numerous international awards and honorary recognitions that he has received.
We also observe other beautiful buildings like the old library and municipal offices. Beaufort West is the oldest municipality in South Africa.
On our next visit between the Cape and Gauteng, we shall try to ignore the numerous trucks and beggars on the main road – there is something special about this little town.
We leave town and travel north direction Loxton. En route we pass the source of the Sak River. A river which we shall follow for the next few days.
Shortly after two we arrive on the farm of Johan and Maritha Moolman, Dunedin. The shearing team is currently busy shearing Johan’s flock of Merinos. It is team 895 from BKB. The foreman is Chief and the other two shearers are Sergeant and Schadrek. The grader is John.
Quite impressive to see how swiftly the men work, and how the wool is sorted, graded and baled. One can watch these experts for hours on end. Incomprehensible how their backs can withstand the strain.
After being sheared, the sheep boisterously leave the barn. They jump through the air like Springboks.
Back at the Moolman’s farmhouse we get a glimpse of farm living. They own a few hanslammers, as well as a number of beautiful horses.
That evening we overnight at the Riverine Rabbit Lodge on the banks of the Sak River.
Day 2
It is a beautiful sunrise at the Riverine Rabbit Lodge. However, bitterly cold.
On our return to the main road we see a flock of sheep being rounded for shearing. The merinos are sheared every 8 months. They produce plenty of wool.
We travel to Loxton. In the centre of town is a beautiful church. It is striking how clean and tidy this town is. Most probably the neatest town we have seen in South Africa.
Lunch is at the Rooi Granaat. Bobotie and lamb tripe with rice, potatoes and quince. Obviously also malva pudding for dessert. We are once again gluttoning ourselves.
We visit the art gallery in town. The owner is Annelise Vorster Meyer. She captures the beauty of Loxton in her art.
Annelise’s husband is Alewyn. He is a former lifelong Reconnaissance Commando member, commonly known as the Recce’s. They have now settled in Loxton. Alewyn is an amateur historian who has done extensive research on the area where they reside. He was born and bred in this town.
Alewyn narrates the flood of 1961 when the town dam wall broke after a flash flood. It caused total destruction.
After our visit to Alewyn and Maryna we leave town for the castle of Dries and Maylan Wiese. An impressive building erected by the eccentric Jan Hugo. When Hugo decided to sell everything, his father bought the farm and its contents, including old vehicles and even an aeroplane.
That evening we have a barbeque at Dries. On the menu is beef and not lamb. It remains red meat. But we have no complaints.
Day 3
We say our goodbyes to Dries and Maylan and depart for Carnarvon. Before we travel through town, we make a stop at De Cyfer where Louis Müller and his father Michael farm with sheep and goat. We take a look at the little beautiful spider silk goats. They are too cute.
Louis and Michael take us to their neighbouring farm, Canariesforntein, which was previously owned by Khaki Hugo. He got renowned during the Second World War for being one of the best fighter pilots, for which he has received international recognition. There is a park in London named after him.
After the war Hugo resided in Tanzania for a few years before moving to the Karoo. He farmed on Canariesfontein until his demise. A very interesting part of our history.
We travel through Carnarvon. In town we notice the first corbelled house. It is the unique architecture of the Loxton-, Carnarvon-, Fraserburg-, Williston-area.
We pass Van Wyksvlei. Later Verneukpan. Alastair and Elize Losper own a part of the pan and has a camping site on the edge of the pan. We are invited to stay over.
We go to drive on the pan and proceed to Campbell’s track. It is here where he tried to break the 1929 world land speed record. Everything was against him. The track was laid out incorrectly and it was scattered with puffadders and small damaging rocks which prevented him from improving the 5-mile speed record.
We pitch camp in the centre of the pan. The best camping site on our tour thus far. No wind, with moonlight so bright you can read the newspaper.
Day 4
It is a beautiful sunrise on the pan. We travel to the home of Alastair and Elize to say our goodbyes. Elize shows us the wreck of Johan Jacobs’s fire rocket with which he tried to break the speed record. The vehicle has disintegrated during the attempt. Jacobs passed on.
We travel to Brandvlei and have lunch at Die Windpomp. Excellent. Especially the Famous Windpomp Burger.
We depart, direction Stuurmansfontein. Gravel road. We even try to take shortcut but encounter many farm gates. Unsure whether the shortcut is really the shortest route.
Shortly before sunset we arrive at the Stuurmansfontein corbelled house. It is situated on the farm of Piet and Charmaine Botha. Together with their daughter, Zeldene, we enjoy a barbeque in the “soutbos” boma. “Skaapstertjies”, “staan rib” and a few lamb chops. This is the Karoo – the land of mutton.
Charmaine has decorated the corbelled houses and the “hartbeeshuisie” and barn beautifully. She has an excellent sense of style and her interior decorating is world class. Minimalistic with a beautiful, functional Karoo charm. The Stuurmansfontein corbelled houses may even top the Mannetjies Roux Karoo house …
Day 5
Nina changes our breakfast menu – waffles with syrup and bacon. A first on a Voetspore journey. Delicious.
We greet the Botha ‘s and depart.
We drive through the beautiful town of Williston. Its initial name was Amandelboom. The founder of the town, Johan Abraham Nel planted an almond tree in 1768 to commemorate the birth of his first son. The settlement was thus called “Amandelboom”. In the years to come, a drought followed. The minister of the town, Ds. S Kuhn attempted to blow up the fountain to increase the flow of the water. He only succeeded in demolishing the almond tree.
He is buried next to the beautiful church and the town was renamed, Williston.
We travel direction Calvinia. Before we reach town, we turn off to Klipwerf. The Klipwerf Boere-orkes is one of the most popular bands in South Africa. We listen to their music and also when they are joined by Rikus Nel and Jack Parow.
We arrive at Loeriesfontein. Norbert’s father was named Dawid Loeriesfontein. Neither Norbert nor his father has ever been here before.
We take a look at the Fred Turner Windpump Museum. It is a unique place exhibiting more than thirty windmills from across the world.
From Loeriesfontein we travel to Nieuwoudtville. At Gannabos, the farm of Merwe and Nakkie van Wyk, is the largest quiver tree forest in the world. Thousands of quiver trees grow on the overhanging rocks of the Hantam mountain. One can only stare in wonder at the magnitude of quiver trees.
That evening we settle in at the Kareeboom guest farm. Nakkie decorated the houses on the farm. It is furnished tastefully. In one of the houses are some of Nakkie’s enlarged photographs of the farm on display. Impressive.
First the house of Mannetjies Roux, then the corbelld house at Stuurmansfontein, and now Kareeboom guesthouse … Voetspore in South Africa (2) takes us to yet another beautiful place.
It is the end of week nine.
Ons praat weer.
Mooi loop.
Johan