Voetspore: ’n Reünie
Voetspore 10 Reünie is ‘n reeks van 13 een-uur programme. Johan Badenhorst en sy span vier die vorige tien reekse waartydens hulle bykans 300 000 kilometer afgelê het op besoek aan 40 Afrika lande. In hierdie, die elfde Voetspore-reeks, reflekteer die manne oor hoe Afrikan tydens hulle reise verander het en watter indruk dit op die manne gemaak het.
Die reis begin by Kaap Kruis in Namibië. Van daar reis die span dwars oor Suidelike Afrika, deur Namibië, Botswana, Zimbabwe, die Limpopo-provinsie, Mosambiek, Swaziland en die kus van Kwa-Zulu Natal. Twaalf manne wat sedert 2000 aan die Voetspore reekse deelgeneem het reis met 5 Toyota Land Cruisers. Dis kampvuur stories, refleksies oor gebeure tydens vorige reise en besoeke aan nuwe bestemmings. Dis ‘n avontuur soos min.
Voetspore 10 Reünie is a series of Johan Badenhorst and friends who revisit the past 10 Voetspore series. The team visited close to 40 African countries and travelled for 300 000 km on the continent. It was time for a get-together, reflecting on how Africa changed since the first series.
They start at Cape Cross in Namibia and travel across southern Africa through Namibia, Botswana, Zimbabwe, South Africa, Mozambique and Swaziland to the coast of Kwa-Zulu Natal. They reflect on their journeys on the African continent since 2000 whilst discovering new adventure destinations. This is a reunion of 12 adventurers.