KAAP TOT KILIMANJARO
Die Voetsporespan het vertrek uit Kaapstad, onderweg na die hoogste berg op die Afrika-kontinent. Die reis het verloop deur die Sederberge, die Groen Kalahari, die Kgalagadi, die Sentraal Kalahari, Moremi, Savuti, Chobe en Barotseland. Van daar het die roete Oos gedraai oor Lusaka onderweg na Suid-Luanga, die Malawi-meer en Cabo Delgado in die Noorde van Mosambiek.
In Tanzanië was die span by die Selous, Dar es Salaam, Zanzibar, die Ngorogorokrater, die Serengeti en die Natronmeer. Die reis is afgesluit in Kenia aan die voetheuwel van Kilimanjaro in die Amoseli Nasionale park. Daar tydens die reis is gebruik gemaak van alternatiewe roetes – hoofsaaklik die 4×4 roetes. Die span het hoofsaaklik gekamp en saans is daar aandag gegee aan die beste safari-cuisine denkbaar. Voetspore het vir die span, soos vir baie kykers van die reeks, ‘n leefwyse geword.

