In die Voetspore
IN DIE VOETSPORE VAN DIE GROTES
In die Voetspore van die Grotes is ‘n avontuur dokumentêr van ses manne in drie 4-trek voertuie wat gereis het vanaf die Atlantiese Oseaan tot by die Indiese Oseaan. Die reis het rofweg die tradisionele migrasieroetes van olifante gevolg. Olifante het aanvanklik oos-wes gemigreer, maar die skepping van nasionale parke en ander bewaringsgebiede het die olifante ingeperk. Onderweg tussen Kaap Kruis aan die Namibiese kus en Mabibi aan die Kwa-Zulu Natalse kus het die span aangedoen by die Kaokoveld, die Etosha, die Kaudum, die Okavango pypsteel, die Moremi en Chobe, Victoria Waterval, Hwange, die Tuli, Mapungupwe, die Ivoorroete, die Kruger Wildtuin, Swaziland, die Maputo Elephant Reserve en uiteindelik die Noordkus van Kwa-Zulu Natal. Dit was ‘n avontuur soos min.