You are in:

Vrae & Antwoorde

  • Veilgheid & Sekuriteit

    10.10.11   admin

    Wil net graag weet,het jul sekuriteit wanneer jul by afgeleë plekke oorslaap?/Is jul ooit besorgd oor jul veiligheid?/Staan jul wag?

     

    Afrika is ‘n veilige plek om te reis. Ons staan nooit wag nie. Ons het nog nooi ‘n probleem gehad nie. Nog geen diefstal nie.

    Hits :  199
  • Die Voetspore Amaroks

    10.10.11   admin

    Die meeste reaksie wat ons dusver oor vanjaar se Voetspore gehad het, is oor ons keuse van voertuie. Die hardebaard Toyota manne is eenvoudig skepties. Die Land Rovers spot met ons en die kêrels wat Nissans ry wonder hardop of ons nie ʼn lat vir ons gatte gepluk het nie. Dan is meeste mense ook net eenvoudig nuuskierig.

    Ons is in Agulhas weg met goed toegeruste voertuie. Die eerste duisend kilometer was teerpad. Natuurlik sal die Amaroks goed doen. Die voertuie se rygerief is bo verdenking. So ook hulle brandstofverbruik. Maar dis nie waaroor die manne skepties is, lag, wonder of nuuskierig is nie.

    Toe kom Lesotho. Een hele dag se harde 4x4. Lang gedeeltes in donkierat. Sal die elektroniese stelsels hou? Is die enjins groot en sterk genoeg?

    Die Amaroks het Lesotho met vlieënde vaandels geslaag. Die voertuig het gery waar ons wou ry, geklim waar ons wou klim, gemaak wat ons wou doen. Toe ons die aand by Sani Top aankom was dit die onderwerp onder bespreking. Almal was beïndruk.

    Die volgende dag was dit af met die pas en noord tot by Pafuri. Weereens nie moeilike terrein nie. Dalk net ʼn paar slaggate in die omgewing van Mable Hall. Brandstofverbruik op die oop pad? Nagenoeg 12.5 liter/100km. Nie sleg vir swaar gelaaide voertuie nie.

    Ons is Mosambiek in. Ons eerste hindernis in die land was die kruising van die Limpopo. Ons het nie geweet hoe hoog die watervlak sou wees nie, en was bekommerd oor die elektronika, sou ons die rivier moes kruis. Ons was gelukkig. Die watervlak was lag. Op sy diepste was die water vir ʼn baie kort rukkie oor enjinkap. Dit was nie ʼn ernstige toets nie.

    Ons is al langs die Limpopo af, rigting Xai-Xai. Dit was meestal grondpad. Slegte tweespoor. Die Amaroks het uitstekend gedoen. Toe ons by Linga-Linga aankom, noord van Inhambane, was die manne nie werklik moeg nie, ten spyte daarvan dat ons ʼn lang dag in die saal was.

    By Linga-Linga het ons ʼn paar dae lank gebly. Die plek se krag kom van ʼn kragopwekker. Wanneer die kragopwekker nie loop nie, gebruik ons die omsetter in ons voertuig om kamerabatterye te laai en op ons rekenaars te werk. Toe Andre sy voertuig na drie dae wou aanskakel, was hy morsdood. Ons moes met die “jumpers” help.

    Nadat die voertuig gevat het, was daar ʼn paar ekstra liggies op die paneelbord aan. Ons het gedink die probleem sal homself oplos.

    Ons is met die tweespoor sandpaadjie daar weg. Dis in lae rat. Na sowat 12 kilometer verbeter die padtoestand. Ons het stilgehou om na tweewieldryf oor te skakel. Toe gebeur dit wat ons gevrees het. Andre se voertuig het verseg om uit lae rat te kom. Verder het sy paneelbord nou soos ʼn kersfeesboom gelyk. Al die liggies het gebrand. Duidelik was daar groot fout.

    Daar was ʼn selfoonsein. Ek het Bohdan de Wet, Volkswagen se tegniese man, geskakel. Hy het nie veel hoop gehad nie. Het gedink iets het seer gekry toe ons die voertuig ge-“jump” het. Hy se toe ons kan een ding probeer – ontkoppel die battery, wag ʼn rukkie en probeer weer.

    Dit was die oplossing. Die voertuig het uit lae rat gekom, meeste van die liggies was dood. Net een, wat soos ʼn enjin lyk, het steeds gebrand. Stefan het in die eienaarshandleiding gelees dat as die liggie brand mens moet spoed verminder en direk na die laaste Volkswagen handelaar ry. Die naaste handelaar is waarskynlik in Nelspruit! Maar voor ons by die teerpad aangekom het, was die liggie reeds dood. Al wat nog nie gewerk het nie, was die temperatuurmeter. Die was steeds dood.

    Ons het gery tot by Massinga om diesel te tap. Toe ons daar aankom was ook daardie liggies weer normaal.

    Ons het nou reeds net kort duskant 5 000 kilometer afgelê. Die voertuie doen uitstekend. Die rygerief is uitsonderlik. Die gemak waarmee hulp op grondpaaie loop is uitsonderlik. Die brandstofverbruik heel skaflik. Selfs die elektronika het homself reggemaak toe dinge verkeerd loop.

    Daar is nog ten minste 15 000 kilometer voor ons. Gaan die voertuie hou? So far so good.

    Hits :  549
  • Watter roete volg julle?

    11.09.11   admin

    1

    Suid Afrika. Hier in Suid Afrika is daar die ervaring dat Suid Afrika die toonaangewende land op die vasteland is. Dit is ʼn kombinasie van natuurskoon en uitstekende infrastruktuur. Die reis begin aan die mees suidelike punt van Afrika – by die vuurtoring van Kaap Agulhas. Die vuurtoring is ʼn mini replika van die Pharos van Alexandria – eens die grootste vuurtoring in die wêreld.

     

     

    Image28

    2

    Lesotho. Die Dak van Afrika. ‘n Bergkoningkryk, beek met sneeu. Die span benader Lesotho vanaf die suide, na ‘n reis oor skouspelagtige bergpasse. Van daar is dit na Sanipas, een van die bekendste landmerke in Suidelike Afrika

     

    Image27

    3

    Mosambiek. Die kuslyn tussen Beira en Maputo ontwikkel tans tot een van die belangrikes toerisme bestemmings in Suidelike Afrika. Die pragtige strande, warm Indiese Oseaan, uitstekende seekos en paradys onder die palmbome sal voortaan duisende lok.

     

    Image26

    4

    Zimbabwe. Mana Pools in die Zambezivallei is ʼn baie belangrike plek in bewaring in Suidelike Afrika. Sodra Zimbabwe weer terugkeer tot politieke stabiliteit sal Mana Pools net so ʼn belangrike rol soos Victoria Valle speel om toeriste terug te lok na die land.

     

    Image25

    5

    Zambië. Dr. David Livingstone het in Afrika gereis op soek na die oorsprong van die Nyl. In Europa het hy gepreek oor die euwels van slawerny. Toe hy gesterf het op die oewer van die Bangweulumeer is sy hart onder ʼn boom begrawe en sy gebalsemde liggaam via Zanzibar geneem na Londen vir ʼn begrafnis in Westminster Abby. Min het soveel soos hy gedoen om slawerny af te skaf.

     

    Image24

    6

    Tanzanië. ʼn Reis per boot op die mooiste meer in Afrika se Skeurvallei. Dit stel die reisiger bekend aan die meer se lewensgewende waters. Die helder skoon water van die Tanganjika meer voed miljoene. Op die oewer van die meer het Stanley en Livingstone ontmoet.

     

    Image23

    7

    Rwanda and Burundi. Beide die lande het internasionaal bekend geword om die verkeerde redes. Volksmoord en burgeroorlog is waarvoor die streek bekend is. Tog is dit een van die enigste plekke op aarde waar ons met ons verlangse nefies, die sjimpansees en gorillas eerstehands kan kennis maak.

     

    Image22

    8

    Uganda. Die Queen Elizabeth National Park is al beskryf as die mooiste wildtuin in Afrika. As gevolg van die onlangse onstuimige geskiedenis in Sentraal Afrika was die park ietwat vergete. Die park, saam met Murchisonvalle, die Albertmeer en Victoriameer het ʼn baie belangrike rol gespeel in die soeke na die oorsprong van die Nyl.

     

    Image21

    9

    Kenia. Berg Kenia is die tweede hoogste berg op die vasteland maar speel altyd tweede viool teenoor sy groter broer, Kilimandjaro. Hierdie berg met sy uitsonderlike geologiese formasies en nabyheid tot die ewenaar asook sy rol in die koloniale geskiedenis verdien meer aandag.

    Image20

    10

    Ethiopië. Die Omo Vallei word deur navorsers beskou as die kruispad van talle etniese groepe. Die mense van die Vallei sluit in die Omo, Mursi, Suri, Nyangatom, Dizi en Me'en. Antropoloë bestudeer hulle diversiteit. Dit word geag van die mees fassinerende gebiede  te wees op die Afrika vasteland.

    Image19

    11

    Djiboeti. Sowat 40% van die geraamte van Australopithecus afarensis is in 1974 by Hadar in die Awashvallei van die Afar Depressie ontdek. Lucy, of Dinkenesh soos sy in Ethiopië bekend staan, het na raming 3.2 miljoen jaar gelede gelewe. Die ontdekking het die debat oor die Wieg van die Mensdom opnuut laat opvlam.

    Image18

    12

    Eritrea. In 2006 het Eritrea die eerste land in die wêreld geword om sy ganse kuslyn ʼn bewaringsgebied te verklaar. 1 347 km langs die kus, plus ʼn verdure 1 946 kilometer om die talle eiland val onder regeringsbeskerming. Die geskiedenis van die land is deur die eeue baie nou geassosieer met die van die Rooi See.

    Image17

    13

    Soedan. Die Nyl met sy lewensgewende water vloei deur die Sahara. By Khartoem is daar die samevloeiing van die Wit en Blou Nyl. Hierdie land was vir eeu lank die skeiding tussen die donker mense van die suide en die ligte mense van die noorde. Die land is ontwerp vir konflik. Sedert die dae van die Britse besetting tot vandag is daar oorlog in die Soedan.

     

    Image16

    14

    Egipte. Die reis eindig in Alexandrië – vir eeue die poort tot Afrika. Die span sal reis deur die Libiese en Westerse Woestyn. Meer as 90% van die Egiptiese bevolking woon langs die Nyl. Weinig het die Sahara hulle tuiste gemaak. Hierdie nomadiese mense is afhanklik van die oases in die woestyn. Dit is by hulle wat die Voetsporemanne wil aandoen

    Image15
    Hits :  371
  • Kan ons julle volg op Google Earth?

    11.09.11   admin

    Ongelukkig nie die jaar nie maar julle kan ons wel volg op Tracks4Africa se webwerf - Kliek hier om na hulle webwerf te gaan

    Hits :  450
  • Hoe lank neem die reis?

    11.09.11   admin

    Die reis is ongeveer 20 000km en word afgele oor die beoogte 100 dae..

    Hits :  278

Facebook Fans

Vorige Voetspore

kaaptotkilismall

Kaap tot Kilimandjaro

Besoek nou...

kilikairosmall

Kilimandjaro tot Kairo

Besoek nou...

gansbaaismall

Gansbaai tot Gaboen

Besoek nou...

 

casablancasmall

Casablanca tot die Kaap

Besoek nou...

VW Amarok