You are in:

Die Voetspore span

Spanleier: Johan Badenhorst

17 sept_159-1_Small

Dit is Johan se sewende Voetsporereis. Die reeks het in 2000 begin met In die Voetspore van die Grotes, en na nog drie ander reekse het die avontuur dokumentêr geskuif na SABC2 met Van Gansbaai tot Gaboen en Van Casablanca tot die Kaap. Johan is verantwoordelik vir die beplanning, tydens die reis tree hy as toerleier en regisseur op. Johan is ook verantwoordelik vir die teks van die televisieprogram.

Kameraman: Stefan Sonnekus.

16 sept_105-1_Small

Stefan het reeds die afgelope vier Voetspore reekse geredigeer. ʼn Paar jaar gelede het hy saam met die span Kilimandjaro gaan klim, en met die Casablanca tot die Kaap reeks al die pad saamgery as fotograaf. Stefan is ook ʼn ervare kameraman, en het in die onlangse verlede veral vir die motor joernaalprogram RPM TV gewerk. Stefan is vanjaar die kameraman op Voetspore, en sal ook die redigering behartig.

Fotograaf: Gideon Swart

21 sept_20_Small

Gideon het reeds vier Voetsporereise agter die blad. Hy is ʼn ervare kameraman (Kom laat ons sing, Wenakker en talle ander produksies), klankman (hy het jare lank by Scholtz Films in die hoedanigheid gewerk) en fotograaf. Gideon boer tans naby Alldays, maar neem vanjaar ʼn drie maande breek om weer Voetspore te doen.

Klankman: Andre Bester

16 sept_209-1_Small

Andre woon tans op Victoria Wes waar hy ʼn gesondheidswinkel bedryf. Hy het baie jare lank vir Scholtz Films as klankman gewerk. Dit is hoe hy Johan Badenhorst ontmoet het toe hulle saamgewerk het aan Pieter Pieterse se Boude en Blaaie. Hierdie is Andre se eerste Voetsporereis.

Veldgids: Nobert Coetzee

179 Small

Nobert se eerste Voetsporereis was in 2009. Dit is nadat die Voetsporemanne hom tydend die Gansbaai tot Gaboenreeks op Riemvasmaak raakgeloop het. Nobert is die veldgids. Sy kennis van die natuur, veral van Namibië en die Noord Kaap, maak van hom ʼn interessante waarnemer op die Afrika kontinent.

Kamera assistent: Streicher Badenhorst

16 sept_156-2_Small

Streicher is sedert hy 9 jaar oud is reeds deel van die span. Waar hy in die verlede net ʼn meereisende was, is hy nou volwaardige spanlid. Streicher sal vir Stefan en Andre help as assistent. Verder moet hy sy skoolwerk op datum hou met internet kommunikasie via ʼn satelliet.

Facebook Fans

Vorige Voetspore

kaaptotkilismall

Kaap tot Kilimandjaro

Besoek nou...

kilikairosmall

Kilimandjaro tot Kairo

Besoek nou...

gansbaaismall

Gansbaai tot Gaboen

Besoek nou...

 

casablancasmall

Casablanca tot die Kaap

Besoek nou...

VW Amarok