|
1 |
Suid Afrika. Hier in Suid Afrika is daar die ervaring dat Suid Afrika die toonaangewende land op die vasteland is. Dit is ʼn kombinasie van natuurskoon en uitstekende infrastruktuur. Die reis begin aan die mees suidelike punt van Afrika – by die vuurtoring van Kaap Agulhas. Die vuurtoring is ʼn mini replika van die Pharos van Alexandria – eens die grootste vuurtoring in die wêreld.
|
|
|
2 |
Lesotho. Die Dak van Afrika. ‘n Bergkoningkryk, beek met sneeu. Die span benader Lesotho vanaf die suide, na ‘n reis oor skouspelagtige bergpasse. Van daar is dit na Sanipas, een van die bekendste landmerke in Suidelike Afrika
|
|
|
3 |
Mosambiek. Die kuslyn tussen Beira en Maputo ontwikkel tans tot een van die belangrikes toerisme bestemmings in Suidelike Afrika. Die pragtige strande, warm Indiese Oseaan, uitstekende seekos en paradys onder die palmbome sal voortaan duisende lok.
|
|
|
4 |
Zimbabwe. Mana Pools in die Zambezivallei is ʼn baie belangrike plek in bewaring in Suidelike Afrika. Sodra Zimbabwe weer terugkeer tot politieke stabiliteit sal Mana Pools net so ʼn belangrike rol soos Victoria Valle speel om toeriste terug te lok na die land.
|
|
|
5 |
Zambië. Dr. David Livingstone het in Afrika gereis op soek na die oorsprong van die Nyl. In Europa het hy gepreek oor die euwels van slawerny. Toe hy gesterf het op die oewer van die Bangweulumeer is sy hart onder ʼn boom begrawe en sy gebalsemde liggaam via Zanzibar geneem na Londen vir ʼn begrafnis in Westminster Abby. Min het soveel soos hy gedoen om slawerny af te skaf.
|
|
|
6 |
Tanzanië. ʼn Reis per boot op die mooiste meer in Afrika se Skeurvallei. Dit stel die reisiger bekend aan die meer se lewensgewende waters. Die helder skoon water van die Tanganjika meer voed miljoene. Op die oewer van die meer het Stanley en Livingstone ontmoet.
|
|
|
7 |
Rwanda and Burundi. Beide die lande het internasionaal bekend geword om die verkeerde redes. Volksmoord en burgeroorlog is waarvoor die streek bekend is. Tog is dit een van die enigste plekke op aarde waar ons met ons verlangse nefies, die sjimpansees en gorillas eerstehands kan kennis maak.
|
|
|
8 |
Uganda. Die Queen Elizabeth National Park is al beskryf as die mooiste wildtuin in Afrika. As gevolg van die onlangse onstuimige geskiedenis in Sentraal Afrika was die park ietwat vergete. Die park, saam met Murchisonvalle, die Albertmeer en Victoriameer het ʼn baie belangrike rol gespeel in die soeke na die oorsprong van die Nyl.
|
|
|
9 |
Kenia. Berg Kenia is die tweede hoogste berg op die vasteland maar speel altyd tweede viool teenoor sy groter broer, Kilimandjaro. Hierdie berg met sy uitsonderlike geologiese formasies en nabyheid tot die ewenaar asook sy rol in die koloniale geskiedenis verdien meer aandag. |
|
|
10 |
Ethiopië. Die Omo Vallei word deur navorsers beskou as die kruispad van talle etniese groepe. Die mense van die Vallei sluit in die Omo, Mursi, Suri, Nyangatom, Dizi en Me'en. Antropoloë bestudeer hulle diversiteit. Dit word geag van die mees fassinerende gebiede te wees op die Afrika vasteland. |
|
|
11 |
Djiboeti. Sowat 40% van die geraamte van Australopithecus afarensis is in 1974 by Hadar in die Awashvallei van die Afar Depressie ontdek. Lucy, of Dinkenesh soos sy in Ethiopië bekend staan, het na raming 3.2 miljoen jaar gelede gelewe. Die ontdekking het die debat oor die Wieg van die Mensdom opnuut laat opvlam. |
|
|
12 |
Eritrea. In 2006 het Eritrea die eerste land in die wêreld geword om sy ganse kuslyn ʼn bewaringsgebied te verklaar. 1 347 km langs die kus, plus ʼn verdure 1 946 kilometer om die talle eiland val onder regeringsbeskerming. Die geskiedenis van die land is deur die eeue baie nou geassosieer met die van die Rooi See. |
|
|
13 |
Soedan. Die Nyl met sy lewensgewende water vloei deur die Sahara. By Khartoem is daar die samevloeiing van die Wit en Blou Nyl. Hierdie land was vir eeu lank die skeiding tussen die donker mense van die suide en die ligte mense van die noorde. Die land is ontwerp vir konflik. Sedert die dae van die Britse besetting tot vandag is daar oorlog in die Soedan.
|
|
|
14 |
Egipte. Die reis eindig in Alexandrië – vir eeue die poort tot Afrika. Die span sal reis deur die Libiese en Westerse Woestyn. Meer as 90% van die Egiptiese bevolking woon langs die Nyl. Weinig het die Sahara hulle tuiste gemaak. Hierdie nomadiese mense is afhanklik van die oases in die woestyn. Dit is by hulle wat die Voetsporemanne wil aandoen |
![]() |