Voetspore van Gansbaai tot Gaboen
SABC logo
Gaan loer gerus na ons foto galery vir die nuutste foto's van die Voetsporespan se reis van Gansbaai tot Gaboen!

Stuur ook gerus vir die span 'n boodskap - kliek hier.


Episode 26 - Libreville en terug huistoe 10 Apr 2009, 18:00, SABC 2
2009-04-06


Terug op die vasteland reis die Voetsporespan tot by Libreville, een van die modernste stede in Afrika.
By Libreville word die voertuie op 'n boot gelaai, en vaar hulle na Port Gentil - enigste hawe van Gaboen.
Daar word hulle voertuie in houers gesit, en terug verskeep huistoe.

Na 'n reis van 14 637 kilometer, 'n volle drie maande, is nog 'n Voetsporereis op 'n einde.
Welkom by Voetspore
Voetspore: Van Gansbaai tot Gaboen

Na die Kaap tot Kairo-ervaring van 2006 en 2007 is dit die keer tyd om die Nissans se neuse wes te draai.

Ons reis van Gansbaai tot in Gaboen!

Die westelike roete in Afrika was vir dekades lank 'n probleem. Te veel oorloe het verhoed dat 'n mens die roete kon volg. Maar intussen het daar vrede in Angola gekom. Die paaie word gevee om hulle van landmyne te reinig. Daar het nou 'n nuwe wereld vir die avontuurreisiger oopgegaan om te ontdek.

Ons vertrek van Gansbaai af - nie te ver van die mees suidelike punt van Afrika nie. Vir eers gaan ons haaiduik. Ons gaan kyk na die witdoodhaai - een van die visse wat hoog op die lys van bedreigde spesies is.

Van Gansbaai af loop die roete deur die Kalahari, verby die San-mense (Boesmans) van die weste van Namibie oor die slagvelde van Angola, op langs die kus van die pragtige land, deur die DRK en Kongo, tot in Gaboen, tuiste van een die mees bedreigde slangsoorte, die Gaboenadder.

Voetspore het groen geword. Ons kyk na die hartseer van ons wereld. Ons kyk na die impak van die mens op die kontinent.

Maar 'n Voetspore-safari bly steeds 'n tog wat aangepak word deur 'n paar manne in drie 4x4's. 'n Paar manne wat dit geniet om die beste wat Afrika bied, te beleef. Ons kampeer graag, ons maak graag kos op die kole, ons gee nie om vir 'n bietjie modder nie, ons besoek graag die wildernisgebiede en ons ontmoet graag die mense van die vasteland.

Kom reis weer saam met ons!
Wat is nuut
TUIS  |  ADMIN