Afrikaans / English

Waar reis ons

Volg die Voetsporespan se reis op Google Earth. Gebruik die aanwysings hieronder om te sien presies waar die span is!
  • Maak seker die nuutste weergawe van Google Earth (weergawe 5.0) is op jou rekenaar geinstalleer.
  • (Kry dit by: http://earth.google.com/download-earth.html)
  • Kliek op die boksie
  • Kliek op "open"
  • In die venster wat oopmaak, regs-kliek op die KML dokument en kies "open"
  • Wanneer Google Earth oop is sal daar aan die linker kant onder "Places" 'n lêer wees met die naam "gtrack" onder "Temporary Places" Kliek op die boksie langs "gtrack"
  • Username: Tracks4Africa
    Password: tracks
  • Die T4A Sattrack-merker sal onder die "gtrack" lêer verskyn
  • Maak die T4A Sattrack lêer oop (kliek op die +) en kliek op die + langs "Data for the Voetspore Team"
    Merk die boksies na gelang van die inligting waarin u belangstel.
    "The Voetspore Team" wys hul huidige posisie
    "History" wys die waypoints wat die satellietsender tot dusver op hul reis gestoor het
    "Path" wys die roete wat hulle tot dusver gevolg het.
    Gebruik nou verder Google Earth se kontroles regs bo en verken! Zoom in en uit (gee genoeg tyd vir die rekenaar om die beeld se resolusie op te datteer), sien GPS-punte met tyd en datum asook foto's van sekere landmerke.
  • Addisionele inligting (foto's, geriewe, akkommodasie, paaie, vulstasies ens.) kan ook op Google Earth aangeskakel word. Volg die instruksies by die volgende skakel:http://www.tracks4africa.co.za/t4a_google.asp