Afrikaans / English
Gesels saam

weet jul reis is verby.......
2010-04-28
hyla
hi, kon net di laaste 2 episodes sien wnt ht in zambia gebly mt ni opvangs...my man nou in mauritania...hy sal wat wil gee om op so n reis mt julle manne te gn - ek wil nie!!- te bang vir alles en soek flush toilet/warm shower - wil graag al die DVDs koop - sal liewer di reis so mee maak... groete

Voetspore sê:
Hyla, mens mis soms die gerief van 'ntoilet en warm water stort, maar daar is baie om daarvoor op te maak.
Van Zyls pas Kaokofeld Namibia
2010-04-28
Jaco
Ek het die Van Zyls pas 2 weke terug af gery. Op die program Voetspore van die grotes het julle ges� julle het die pas op gery met 'n sleepwa. Stuur asb vir my daai fotos of video materiaal. Ek glo dit nie !

Voetspore sê:
Jaco, die beste is om dalk die DVD te koop. Dis episode Een van In die Voetspore van die Grotes. Desrtyds het Rey nog op skyfies geneem.
Nuwe Reis
2010-04-27
Gerrie Pieterse
Hallo Voetspore span
Wanneer julle weer op reis gaan. Kan julle ons laat weet so dat ons julle op RSG ook kan volg. Ek is altyt telaat om julle op RSG tevolg.

Dan wil ek weet wat die gerieflikste om tekamp met sleepwatent , karefaan of gewoone tent. Want ek het besluit om te koop. Maar kan nie besluit nie.

Groete Gerrie


Voetspore sê:
Gerrie, koop die goedkoopste. As jy nie daarvan hou nie, gaan een trappie op. Ons het by die duurste begin, en is vandag by die goedkoopste. Die eenvoudigste is die lekkerste
Ek Wonder
2010-04-27
Deon Botha
Hallo span. As ek so na julle toere kyk wonder ek baie maal of julle besef hoe bevooreg julle is om dit te kan beleef. Daar is so baie mense wat maar net na julle kan kyk en droom, maar dit beteken tog vir ons so baie. Kom maak gerus n draai in Swaziland. Sterkte met die beplanning van die nuwe reeks. Kan nie wag nie

Voetspore sê:
Deon, julle bly in een van die mooiste dele van Afrika. Hoop ons kom weer een dag daar verby
Saamry
2010-04-26
Johan Viljoen
Johan
Julle volgende safari eindig by Ugallas
ek is naby daar gaan daar weer soos nou 'n saamry wees die laaste paar kilometers ek sal dit graag wil meemaak
Groete Johan


Voetspore sê:
Johan, ons sal beslis laat weet. Die datum van die reis nog nie finaal nie, maar osn hoop om eersdaag te weet of ons dit vanjaar of aanstaande jaar doen
Eie Voetspore Reis
2010-04-26
Deon Liebenberg
Hi Johan
Ons geniet julle reise so, het besluit om ons eie voetspore reis aan te pak. Ons reis van Pietersburg deur Bot, Nam en dan Angola. Ons wil op julle spore deur die Suid -Weste van Angola tot by Flamingo reis.Is daar enige raad?

Groetnis


Voetspore sê:
Beste raad is om dit te doen. Dis mooi wereld, en die beloning om by Flamingo uit te kom is groot. Beplan om 'n paar dae daar te bly. Daar is baie te sien in die omgewing.

Die reis af teen die Lepapas sal ook een van die hoogtepunte wees. Voor julle afry met die pas, draai regs met die teerpad net na die tolhek, en kry eers 'n mooi uitsig oor die eskarpment.
Loodvry
2010-04-26
Johnny
Hi Manne, baie geluk met weereens 'n puik reeks! Johan 2 kort vrae, is loodvrye brandstof net so beskikbaar op julle roetes soos diesel en wat was jou ondervinding met jou skootrekenaar, dit word wyd aanbeveel maar jy is die eerste persoon wat ek van weet wat dit op 'n toer gebruik het. Groete en sterkte met die volgende een!!

Voetspore sê:
Johnny, omdat ons met diesels gery het, het ons nou nie oral gecheck of daar loodvrya brandstof is nie, maar sover ons kon agterkom kry mens dit oral.

Die rekenaar - ek kan nie die Toughbook sterk genoeg aanbeveel nie. Dis die paar rand ekstra werd
Opskrif:
Naam:
E-pos addres:
Boodskap:
Kode

(Tik ASB die kode in die blou blokkie in,
let op hoofletters en kleinletters):