
Hierdie keer is dit Voetspore op die Ewenaar. Ons reis van die Indiese tot Atlantiese Oseaan. Die reis begin op 1 Junie aan die kus van Kenia. Van daar loop dit oor Tsavo en die Masai Mara na Uganda. Dis waar die manne die Ruwenzori’s aanpak. Daarna na Murchison Falls, en dan oor die grens na die DRK. Eers na die Garamba Nasionale Park, dan na die myne waar talle Suid Afrikaners vandag werk, daarna na Okapi Nasionale Park en verder na Kisangani. By Kisangani is die plan om die voertuie op ʼn vlot te laai en te vaar na Kinshasa, 1500 km verder. Van Kinshasa is dit na Brazzaville oorkant die rivier. Daarna tot by Dolisie, en dan noord tot by Libreville. Tydens die reis kruis ons die Ewenaar sommer ʼn paar keer.
This time it is Voetspore on the Equator. Our journey takes us from the Indian to the Atlantic Ocean. We start on 1 June 2013 at Lamu on the Kenya coast. From there it is to Tsavo and the Masai Mara. In Uganda we will visit the Ruwenzori’s and Murchison National Park. We’ll cross into the DRC and visit Garamba National Park, as well as some of the mines where many South African are working today. Next aim is Okapi National Park, and the Kisangani. At this city we want to load the vehicles on a barge and float downstream for 1 500 km to Kinshasa There we’ll cross the river to Brazzaville and then proceed to Dolisie where we’ll turn north to Libreville. During this journey we will cross the Equator several times

Vanjaar ry die Voetsporespan weer Volkswagen Amarok. Dis die nuwe 8 spoed outomaties 132 kW. Dis ʼn indrukwekkende voertuig wat permanent 4x4 is. Dis net die voertuig vir ʼn reis op die Ewenaar
This time the Voetspore team once more drive Volkswagen Amarok. It is the new 8 speed automatic 132 kW. It is an impressive permanent 4 wheel drive vehicle, ideal for a journey along the Equator